Vrees kan twee betekenisse hê: (1) om God te vrees is om eerbied en ontsag vir Hom te voel en om sy gebooie te gehoorsaam; (2) om die mens te vrees, dodelike gevare, pyn en boosheid is om bang te wees vir sulke dinge en te sidder vanweë hulle.
Profete het die mense gedurig aangespoor om hulle in die vrese van die Here te hou, Enos 1:23 .
Alma en die seuns van Mosia het op die aarde neergeval, want die vrees van die Here het oor hulle gekom, Alma 36:7 .
Werk jou heil uit met vrees en bewing, Morm. 9:27 .
Hulle wat My nie vrees nie, sal Ek verontrus en laat bewe, L&V 10:56 .
Hy wat My vrees, sal vir die tekens van die koms van die Seun van Mens uitkyk, L&V 45:39 .
Die seuns van Helaman het die dood nie gevrees nie, Alma 56:46–48 .
Die vrees vir die dood vul die boesems van die bose, Morm. 6:7 .
Vrees nie wat die mens kan doen nie, Moro. 8:16 .
Jy moes die mens nie meer as God gevrees het nie, L&V 3:7 (L&V 30:1, 11 ; 122:9 ).
Vrees nie om goed te doen nie, L&V 6:33 .
Wie ook al aan my Kerk behoort, hoef nie te vrees nie, L&V 10:55 .
As julle voorbereid is, sal julle nie vrees nie, L&V 38:30 .
Stroop julleself van vrees, L&V 67:10 .
Wees blymoedig en vrees nie, want Ek die Here is met julle, L&V 68:6 .
Vrees nie julle vyande nie, L&V 136:17 .