Maagd Sien ook Maria, Moeder van Jesus ’n Man of vrou van hubare ouderdom wat nooit seksuele omgang gehad het nie. In die skrifture kan ’n maagd iemand verteenwoordig wat moreel rein is (Openb. 14:4). Die maagd sal swanger word en ’n seun baar, Jes. 7:14 (Matt. 1:23; 2 Ne. 17:14). Die koninkryk van die hemel word vergelyk met tien maagde, Matt. 25:1–13. In die stad Násaret het ek ’n maagd aanskou wat die moeder van die Seun van God was, 1 Ne. 11:13–18. Maria was ’n maagd, ’n kosbare en uitverkore vat, Alma 7:10.