Huis Sien ook Gesin Die huis behoort die middelpunt van evangeliese en gesinsaktiwiteite te wees. ’n Man moet vry wees vir sy huis en aan sy vrou vreugde verskaf, Deut. 24:5. Hy het hom weggestuur na sy huis, Mark. 8:26. Laat kinders leer om eerbied te betoon teenoor hulle eie huis, 1 Tim. 5:4. Wees ingetoë, kuis en huislik, Tit. 2:5. Gaan na julle huise en peins oor die dinge wat Ek gesê het, 3 Ne. 17:2–3. Ek het hulle aangemoedig om te veg vir hulle vroue, en hulle kinders, en hulle huise en hulle wonings, Morm. 2:23. Vaders word beveel om tuis getrou en besorgd te wees, L&V 93:43–44, 48–50.