In die Boek van Mormon, ’n seun van Koning Mosia. Ammon het gedien as ’n sendeling wie se getroue pogings gehelp het om baie siele tot Christus te bekeer.
Was ’n ongelowige wat probeer het om die Kerk te vernietig, Mosia 27:8–10, 34 .
’n Engel het aan hom en sy metgeselle verskyn, Mosia 27:11 .
Het bekeer en begin om die woord van God te preek, Mosia 27:32–28:8 .
Het geweier om as koning benoem te word en het in plaas daarvan gegaan na die land van die Lamaniete om die woord van God te preek, Alma 17:6–9 .
Het gevas en gebid vir leiding, Alma 17:8–11 .
Is vasgebind geneem na Koning Lamoni, Alma 17:20–21 .
Het Lamoni se kuddes gered, Alma 17:26–39 .
Het vir Lamoni gepreek, Alma 18:1–19:13 .
Het God gedank en is deur vreugde oorweldig, Alma 19:14 .
Sy bekeerlinge het nooit afvallig geword nie, Alma 23:6 .
Was verheug om ’n instrument in God se hande te wees om duisende na die waarheid te bring, Alma 26:1–8 (Alma 26 ).
Het die volk van Anti-Nefi-Lehi na veiligheid gelei, Alma 27 .
Het groot vreugde gevoel om Alma te ontmoet, Alma 27:16–18 .