Kruisiging
’n Romeinse vorm van teregstelling wat algemeen gebruik is gedurende Nuwe Testamentiese tye, waardeur ’n persoon gedood is deur sy hande en voete vas te bind of vas te spyker op ’n kruis. Dit was gewoonlik slegs gedoen aan slawe en die ergste misdadigers. Kruisiging is dikwels voorafgegaan deur géseling of deur te slaan met ’n sweep (Mark. 15:15). Die persoon wat gekruisig is, is gewoonlik gedwing om sy eie kruis te dra na die plek van teregstelling (Joh. 19:16–17). Sy klere is gewoonlik geneem deur die soldate wat die vonnis voltrek het (Matt. 27:35). Die kruis is in die grond ingeslaan sodat die voete van die persoon net minder as ’n meter bokant die grond was. Die kruis is bewaak deur soldate totdat die persoon op die kruis gesterf het, wat somtyds tot drie dae geneem het (Joh. 19:31–37).
Jesus Christus is gekruisig omdat ’n groep ongelowiges Hom valslik beskuldig het van opruiing teenoor die keiser asook godslastering omdat Hy gesê het dat Hy die Seun van God is. ’n Purper kleed (Joh. 19:2), ’n kroon van dorings en ander beledigings is aan Jesus toegevoeg (Matt. 26:67; Mark. 14:65).