Natánael
’n Apostel van Christus en ’n vriend van Filippus in die Nuwe Testament (Joh. 1:45–51). Hy het van Kana in Galiléa gekom (Joh. 21:2). Christus het gesê: Hier is waarlik ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie (Joh. 1:48). Oor die algemeen word aanvaar dat hy en Bartholoméüs dieselfde persoon is (Matt. 10:3; Mark. 3:18; Lk. 6:14; Joh. 1:43–45).