Om in ooreenstemming te wees met God se leringe en om te leef soos God wil hê dat sy volk moet leef; om ontvanklik en gehoorsaam vir die stem van die Heilige Gees te wees.
Sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie, Ex. 16:4 .
Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie, Ps. 84:12 .
Hulle wat in my insettinge wandel en my verordeninge hou, sal vir My ’n volk wees, Eség. 11:20–21 (Deut. 8:6 ).
Wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en nederig te wandel met jou God, Miga 6:8 (L&V 11:12 ).
Wandel in die eng weg wat na die lewe lei, 2 Ne. 33:9 .
Koning Benjamin het met ’n rein gewete voor God gewandel, Mosia 2:27 .
Julle plig is om onberispelik te wandel volgens die heilige orde van God, Alma 7:22 .
Lede van die Kerk sal ’n godsalige wandel en gesprek openbaar, L&V 20:69 .
Slaan ag op die profeet en wandel in alle heiligheid voor die Here, L&V 21:4 .
Leer kinders om te bid en om opreg te wandel voor die Here, L&V 68:28 .