Eersgeboortereg Sien ook Eersgeborene; Verbond ’n Erfreg wat behoort aan die eersgeborene seun. In ’n breë sin behels eersgeboortereg enige of alle regte of erfenis oorgedra aan ’n persoon wanneer hy gebore word in ’n gesin en kultuur. Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my, Gén. 25:29–34 (Gén. 27:36). Die eersgeborene het gesit volgens sy eersgeboortereg, Gén. 43:33. Hy het Efraim voor Manasse gestel, Gén. 48:14–20 (Jer. 31:9). Die eersgeboortereg was Josef s’n, 1 Kron. 5:2. Esau het sy eersgeboortereg verkoop, Hebr. 12:16. Julle is wettige erfgename, L&V 86:9. Sion het ’n reg tot die priesterskap deur afkoms, L&V 113:8 (Abr. 2:9–11).