Woord van God Sien ook Gebooie van God; Openbaring; Skrifture Onderrig, gebooie, of ’n boodskap van God. God se kinders mag sy woord direk ontvang deur openbaring deur die Gees of van sy gekose diensknegte (L&V 1:38). Die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan, Deut. 8:3 (Matt. 4:4; L&V 84:43–44). U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad, Ps. 119:105. Hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek, Hand. 4:31–33. Die staaf van yster was die woord van God wat na die boom van die lewe gelei het, 1 Ne. 11:25 (1 Ne. 15:23–25). Julle was gevoelloos sodat julle sy woorde nie kon voel nie, 1 Ne. 17:45–46. Wee hom wat die woord van God verwerp, 2 Ne. 27:14 (2 Ne. 28:29; Ether 4:8). Beur vorentoe en verlustig julle in die woord van Christus, 2 Ne. 31:20 (2 Ne. 32:3). Vanweë hulle ongeloof kon hulle nie die woord van God verstaan nie, Mosia 26:3 (Alma 12:10). Hulle het die skrifture ywerig ondersoek, sodat hulle die woord van God mag ken, Alma 17:2. Hulle moes die doeltreffendheid van die woord van God toets, Alma 31:5. Alma het die woord van God vergelyk met ’n saad, Alma 32:28–43. Wat hulle ook al spreek wanneer hulle beweeg word deur die Heilige Gees, sal die woord van die Here wees, L&V 68:4. Lewe deur elke woord wat uit die mond van God uitgaan, L&V 84:44–45. Wie ook al my woord bewaar, sal nie verlei word nie, JS—M 1:37.