Afgodery Die aanbidding van afgode of ’n uitermate verbintenis aan of aanbidding van enigiets. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie, Ex. 20:3 (Mosia 12:35; 13:12–13). As julle agter ander gode aan loop, sal julle sekerlik omkom, Deut. 8:19. Eiesinnigheid is afgodery en beeldediens, 1 Sam. 15:23. Jy het die loon wat van hulle moes kom vir jou bepaal, Jes. 57:8. U het die gode van silwer en goud geprys, Dan. 5:23. Julle kan nie God en Mammon dien nie, Matt. 6:24. Gierigheid is afgodery, Kol. 3:5. Kinders, bewaar julleself van afgode, 1 Joh. 5:21. Wee hulle wat afgode aanbid, 2 Ne. 9:37. Die afgodery van die volk van Nefi het hul oorloë en vernietiging op hulle gebring, Alma 50:21. Elke mens wandel agter die beeld van sy eie God aan, L&V 1:16. Laat hulle arbei met hulle eie hande sodat daar geen afgodery sal wees nie, L&V 52:39. Abraham se vader is weggelei deur afgodery, Abr. 1:27.