’n Boom in die Tuin van Eden en die paradys van God (Gén. 2:9 ; Openb. 2:7 ). In Lehi se droom verteenwoordig die boom van die lewe die liefde van God en word na verwys as die grootste van al die gawes van God (1 Ne. 8 ; 11:21–22, 25 ; 15:36 ).
Lehi het die boom van die lewe aanskou, 1 Ne. 8:10–35 .
Nefi het die boom gesien wat sy vader gesien het, 1 Ne. 11:8–9 .
Die ysterstaaf lei na die boom van die lewe, 1 Ne. 11:25 (1 Ne. 15:22–24 ).
’n Vreeslike kloof skei die bose van die boom van die lewe, 1 Ne. 15:28, 36 .
Dit was noodwendig dat daar ’n verbode vrug moes wees in teenstelling met die boom van die lewe, 2 Ne. 2:15 .
Kom na die Here en neem van die vrug van die boom van die lewe, Alma 5:34, 62 .
As ons eerste ouers van die boom van die lewe geneem het, sou hulle vir altyd ellendig gewees het, Alma 12:26 .
As julle nie die woord wil versorg nie, kan julle nooit van die vrugte van die boom van die lewe pluk nie, Alma 32:40 .
Die Here het die boom van die lewe in die middel van die tuin geplant, Moses 3:9 (Abr. 5:9 ).
God het Adam uit Eden gestuur sodat hy nie van die boom van die lewe sou eet en vir altyd lewe nie, Moses 4:28–31 .