Lieg Sien ook Bedrog, Bedrieg, Bedrieër; Eerlik, Eerlikheid; Kwaadsprekery Enige mededeling van valsheid of onwaarheid met die doel om te bedrieg. Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, Lev. 19:11. Leuens haat ek en het daar ’n afsku van, Ps. 119:163. Valse lippe is vir die Here ’n gruwel, Spr. 12:22. Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie, Jes. 63:8. Die duiwel is ’n leuenaar en die vader van leuens, Joh. 8:44 (2 Ne. 2:18; Ether 8:25; Moses 4:4). Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God, Hand. 5:4 (Alma 12:3). As iemand sê: Ek het God lief—en sy broer haat, is hy ’n leuenaar, 1 Joh. 4:20. Hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swael, dit is die tweede dood, Openb. 21:8 (L&V 63:17). Wee die leuenaar, want hy sal afgestoot word na die hel, 2 Ne. 9:34. Daar sal baie wees wat valse leerstellings sal verkondig en sê: lieg ’n bietjie, daar is geen kwaad hierin nie, 2 Ne. 28:8–9 (L&V 10:25). Verbeel julle dat julle vir die Here kan lieg, Alma 5:17. U is ’n God van waarheid en kan nie lieg nie, Ether 3:12 (Núm. 23:19; 1 Sam. 15:29; Tit. 1:2; Hebr. 6:18; Enos 1:6). Hy wat lieg en nie wil bekeer nie sal uitgewerp word, L&V 42:21. Leuenaars beërwe die telestiale heerlikheid, L&V 76:81, 103–106. Ons glo dat ons eerlik moet wees, Gel. Art. 1:13.