Haat Sien ook Liefde; Vyandskap; Wraak Haat is ’n sterk weersin teen iemand of iets. Ek, God, besoek die misdaad van die vaders aan die kinders van die wat My haat, Ex. 20:5. Hierdie ses dinge haat die Here, Spr. 6:16. ’n Dwase mens verag sy moeder, Spr. 15:20. Hy was verag en deur die mense verlaat, Jes. 53:3. Doen goed aan die wat vir julle haat, Matt. 5:44. Óf hy sal die een haat en die ander liefhê, óf hy sal die een aanhang en die ander verag, Matt. 6:24. En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam, Matt. 10:22. Elkeen wat kwaad doen, haat die lig, Joh. 3:20. Laat niemand jou jonkheid verag nie, 1 Tim. 4:12. Omdat hulle ryk is, verag hulle die armes, 2 Ne. 9:30. Verag nie die openbaringe van God nie, Jakob 4:8. Hulle het ’n ewige haat teenoor ons gehad, Jakob 7:24. Mense het die raadslae van God in die wind geslaan en sy woorde verag, L&V 3:7. Ek is gehaat en vervolg omdat ek gesê het dat ek ’n visioen gesien het, JS—G 1:25.