Studiehulp
Job


Job

In die Ou Testament, ’n regverdige man wat geweldige beproewinge gely het en tog getrou gebly het aan sy geloof in God. Sy verhaal word vertel in die boek van Job.

Die boek van Job

Alhoewel die boek handel oor Job se lyding, beantwoord dit nie heeltemal die vraag van hoekom Job (of enige ander persoon) pyn en die verlies van sy gesin en goedere mag ly nie. Die boek maak dit duidelik dat om beproewinge te hê, nie noodwendig beteken dat ’n persoon gesondig het nie. Die Here mag beproewing gebruik vir ervaring, dissipline en onderrig sowel as vir straf (L&V 122).

Die boek kan in vier dele verdeel word. Hoofstuk 1–2 is ’n inleiding tot die verhaal. Hoofstuk 3–31 vertel van ’n reeks besprekings tussen Job en drie vriende. Hoofstuk 32–37 bevat die gesprekke van Elíhu, ’n vierde vriend wat Job veroordeel om ander redes as die eerste drie vriende. Hoofstuk 38–42 sluit die boek af met ’n versekering aan Job dat sy lewensloop ’n goeie een was vanaf die begin.

Die boek van Job leer dat as ’n persoon ’n juiste kennis van God het en ’n lewe leef wat aanvaarbaar is vir God, hy beter in staat sal wees om die beproewinge te verduur wat oor hom sal kom. Job se onfeilbare geloof word gekenmerk deur sulke uitroepe soos “Al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom” (Job 13:15). Job word ook genoem in Eségiël 14:14; Jakobus 5:11; Leer en Verbonde 121:10.

Druk