Begin Sien ook Jesus Christus; Skep, Skepping; Vooraardse Lewe Verwys in die algemeen na die tyd voor hierdie sterflike lewe—dit is, die vooraardse lewe. Soms word daar na Jesus Christus verwys as die Begin. In die begin het God die hemel en die aarde geskape, Gén. 1:1 (Moses 2:1). In die begin was die Woord, Joh. 1:1. Ek is Alfa en Omega, die begin en die einde, 3 Ne. 9:18. Christus is die begin en die einde, L&V 19:1. Die nuwe en ewigdurende verbond was vanaf die begin, L&V 22:1. Die mens was in die begin by God, L&V 93:23, 29. Edel en groot geeste is gekies in die begin om heersers te wees, L&V 138:55. My Eniggeborene was by My vanaf die begin, Moses 2:26.