Goeie Herder Sien ook Jesus Christus Jesus Christus is die Goeie Herder. Simbolies is sy volgelinge soos skape oor wie Jesus waak. Die Here is my herder, Ps. 23:1. Hy sal sy kudde laat wei soos ’n herder, Jes. 40:11. So sal Ek vir my skape sorg, Eség. 34:12. Ek is die goeie herder, Joh. 10:14–15. Jesus is daardie groot Herder van die skape, Hebr. 13:20. Hy tel sy skape en hulle ken Hom, 1 Ne. 22:25. Die goeie herder roep jou in sy Naam, wat Christus is, Alma 5:38, 60. Daar sal een kudde wees en een Herder, 3 Ne. 15:21 (Joh. 10:16).