Siek, Siekte Om ’n siekte of ’n kwaal te hê. In die skrifture dien fisiese siekte somtyds as ’n simbool van ’n gebrek aan geestelike welstand (Jes. 1:4–7; 33:24). Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak, 2 Kon. 20:1–5 (2 Kron. 32:24; Jes. 38:1–5). Jesus het rondgegaan en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees, Matt. 4:23–24 (1 Ne. 11:31; Mosia 3:5–6). Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is, Matt. 9:10–13 (Mark. 2:14–17; Lk. 5:27–32). Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, Jak. 5:14–15. Christus sal op Hom die pyne en siektes van sy volk neem, Alma 7:10–12. Jesus het al die siekes onder die Nefiete genees, 3 Ne. 26:15. Almal onder julle wat siek is, moet met tederheid, kruie en ligte voedsel versorg word, L&V 42:43 (Alma 46:40). Onthou in alle dinge die siekes en die geteisterdes, L&V 52:40. Lê jou hande op die siekes en hulle sal herstel, L&V 66:9.