Verheffing Sien ook Ewige Lewe; Kroon; Mens die, Mense—Die mens, potensiaal om soos Hemelse Vader te word; Selestiale Heerlikheid; Versoen, Versoening Die hoogste toestand van geluk en heerlikheid in die selestiale koninkryk. Versadiging van vreugde is voor u aangesig, Ps. 16:11. Hulle is Gode, naamlik die seuns van God—daarom, alle dinge is hulle s’n, L&V 76:58–59. Die heiliges sal hulle erfdeel ontvang en met Hom gelykgemaak word, L&V 88:107. Hierdie engele het nie my wet geleef nie; daarom, hulle bly afsonderlik en enkel, sonder verheffing, L&V 132:17. Mans en vroue moet trou volgens God se wet ten einde verheffing te bekom, L&V 132:19–20. Eng is die poort en smal is die weg wat lei na verheffing, L&V 132:22–23. Abraham, Isak en Jakob het hulle verheffing binnegegaan, L&V 132:29, 37. Ek verseël op julle jul verheffing, L&V 132:49.