Studiehulp
Eden


Eden

Die tuiste van ons eerste ouers, Adam en Eva (Gén. 2:8–3:24; 4:16; 2 Ne. 2:19–25; Moses 3–4; Abr. 5), aangewys as ’n tuin, oos van Eden. Adam en Eva is uit Eden weggestuur nadat hulle van die verbode vrug geëet het en sterflik geword het (Moses 4:29). Openbarings van die laaste dae bevestig die Bybelse verslag van die Tuin van Eden. Dit voeg die belangrike inligting by dat die tuin geleë was op wat nou die Noord-Amerikaanse vasteland is.

Druk