Studiehulp
Josef, Eggenoot van Maria


Josef, Eggenoot van Maria

Eggenoot van Maria, moeder van Jesus. Josef was ’n afstammeling van Dawid (Matt. 1:1–16; Lk. 3:23–38) en het in Násaret gewoon. Hy was verloof aan Maria. Net voor hulle huwelik het Maria ’n besoek ontvang van die engel Gabriël, wat aangekondig het dat Maria gekies is om die moeder van die Saligmaker te wees (Lk. 1:26–35). Josef het ook openbaring ontvang oor hierdie goddelike geboorte (Matt. 1:20–25).

Maria was Jesus se enigste aardse ouer omdat God die Vader Jesus se vader was. Maar die Jode het gedink Josef is Jesus se vader en Jesus het hom as sodanig behandel (Lk. 2:48, 51). Josef is gewaarsku deur hemelse drome en het die baba Jesus se lewe bewaar deur na Egipte te vlug (Matt. 2:13–14). Nadat Herodus gesterf het, het ’n engel vir Josef opdrag gegee om die Christuskind terug te neem na Israel (Matt. 2:19–23).

Druk