Soos gebruik in die skrifture, is dit somtyds ’n hoorbare boodskap wat deur die Here of sy boodskappers gespreek word. Die stem van die Gees mag dalk nie hoorbaar wees nie en gerig wees op die hart of verstand.
Die regverdiges volg die stem van die Goeie Herder, Joh. 10:1–16 .
Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem, Joh. 18:37 .
Ek het die stem van die Gees gehoorsaam, 1 Ne. 4:6–18 .
Daar het ’n stem na my gekom wat sê: Enos, jou sondes is jou vergewe, Enos 1:5 .
Dit was ’n stil stem van volmaakte teerheid en dit het deurgedring tot die diepte van die siel, Hel. 5:29–33 (3 Ne. 11:3–7 ).
Of dit deur my eie stem is, of deur die stem van my diensknegte, dit is dieselfde, L&V 1:38 .
Wat hulle ook al sal spreek wanneer hulle deur die Heilige Gees beweeg word, sal die stem van die Here wees, L&V 68:2–4 .
Elke siel wat my stem gehoorsaam, sal my aangesig sien en weet dat Ek is, L&V 93:1 .