Doelbewuste deelname aan egbreuk, owerspel, homoseksuele en lesbiese gedrag, bloedskande, of enige ander onheilige, onnatuurlike, of onreine seksuele aktiwiteit.
Laat ons aan ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou, Gén. 19:30–36 .
Ruben het gegaan en met sy vader se byvrou, Bilha, gemeenskap gehad, Gén. 35:22 (Gén. 49:4 ; 1 Kron. 5:1 ).
Homoseksuele gedrag en ander seksuele perversiteite is ’n gruwel, Lev. 18:22–23 .
As ’n man ’n vrou dwing om by hom te lê, is slegs die man skuldig van sonde, Deut. 22:25–27 .
Elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg, Matt. 5:28 (3 Ne. 12:28 ).
Owerspel, onreinheid, oordrewe liefde is afgodediens, Kol. 3:5 .
In die laaste dae sal die mens sonder natuurlike liefde wees, 2 Tim. 3:1–3 .