Om deur die Gees van die Here ’n geweldige verandering te laat plaasvind in ’n persoon se hart sodat hy nie meer begeer om kwaad te doen nie, maar eerder begeer om die dinge van God na te streef.
Diegene wat in sy Naam glo, is nie gebore uit bloed nie, maar uit God, Joh. 1:12–13 .
As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie, Joh. 3:3–7 .
Ons kan wedergebore word deur die woord van God, 1 Petr. 1:3–23 .
Wie ook al gebore is uit God, volhard nie in die sonde nie, JSV, 1 Joh. 3:9 .
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld, 1 Joh. 5:4 .
Diegene wat uit Christus gebore is, sluit ’n verbond met God, Mosia 3:19 ; 5:2–7 .
Alle mense moet wedergebore word; ja, gebore uit God, Mosia 27:25–26 (Alma 5:49 ).
Is julle geestelik gebore uit God, Alma 5:12–19 .
As julle nie weer gebore word nie, kan julle nie die koninkryk van die hemel beërf nie, Alma 7:14 .