Om die ordinansies geldig te maak in die hemel wat uitgevoer is deur priesterskapgesag op aarde. Ordinansies word verseël wanneer hulle die goedkeuring van die Heilige Gees van Belofte ontvang, wat die Heilige Gees is.
Aan hulle word mag gegee om beide op aarde en in die hemel te verseël, L&V 1:8 .
Diegene in die selestiale heerlikheid is verseël deur die Heilige Gees van Belofte, L&V 76:50–70 .
Elía gee die sleutels van die verseëlingsmagte oor in Joseph Smith se hande, L&V 110:13–16 .
Dit is die seëlings- en die bindingsmag, L&V 128:14 .
Die baie vaster woord van profesie beteken om te weet dat ’n mens verseël is tot die ewige lewe, L&V 131:5 .
Alle verbonde wat nie deur die Heilige Gees van die Belofte verseël is nie, eindig wanneer mense sterwe, L&V 132:7 .
Die groot werk wat in die tempels gedoen moet word sluit die verseëling van kinders aan hulle ouers in, L&V 138:47–48 .