Kom Sien ook Dissipel; Gehoorsaam, Gehoorsaamheid In die skrifture, beteken dikwels om tot iemand te nader deur te volg of te gehoorsaam, soos in die frase “kom na Christus, en word volmaak in Hom” (Moro. 10:32). Neig julle oor en kom na My toe, Jes. 55:3. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, Matt. 11:28. Laat die kindertjies na My toe kom, Matt. 19:14. As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, Lk. 9:23. Wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie, Joh. 6:35. Christus nooi almal om na Hom te kom, 2 Ne. 26:33. Kom na My en word gered, 3 Ne. 12:20. Kom na Christus, Moro. 10:32. Nooi almal om na Christus te kom, L&V 20:59. Kom na My toe, en julle siele sal lewe, L&V 45:46.