Begeer Sien ook Afguns Soos gebruik in die skrifture beteken begeer om afgunstig te wees op iemand of om ’n uitermate begeerte te hê vir iets. Jy sal nie begeer nie, Ex. 20:17 (Deut. 5:21; Mosia 13:24; L&V 19:25). Die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng, Spr. 28:16. Hulle begeer velde en roof dit, Miga 2:2. Pasop vir die hebsug, Lk. 12:15. Die wet het gesê: Jy mag nie begeer nie, Rom. 7:7. In die laaste dae sal die mense geldgierig wees, 2 Tim. 3:1–2. Toe Laban ons besittings sien, het hy dit begeer, 1 Ne. 3:25. Jy moet nie jou eie besittings begeer nie, L&V 19:26. Hou op om gierig te wees, L&V 88:123. Moenie dit begeer wat jou broer s’n is nie, L&V 136:20.