Martelaar, Martelaarskap ’n Persoon wat eerder sy lewe gee as om Christus, die evangelie of sy regverdige oortuiginge of beginsels te versaak. Al die regverdige bloed vanaf Abel tot Sagaría sal getuig teen die goddelose, Matt. 23:35 (Lk. 11:50). Elkeen wat sy lewe verloor om my ontwil en om die evangelie, sal dit red, Mark. 8:35 (L&V 98:13). En hulle het Stéfanus gestenig, Hand. 7:59 (Hand. 22:20). Want waar ’n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word, Hebr. 9:16–17. Abinadi het geval deurdat hy deur vuur gedood is, Mosia 17:20. Bekeerde Ammonihahiete is in die vuur gewerp, Alma 14:8–11. Baie is gedood omdat hulle van hierdie dinge getuig het, 3 Ne. 10:15. Wie sy lewe aflê vir My, sal die ewige lewe vind, L&V 98:13–14. Joseph Smith en Hyrum Smith was martelaars vir die herstelling van die evangelie, L&V 135. Joseph Smith het sy getuienis verseël met sy bloed, L&V 136:39.