Ongeloof Sien ook Geloof, Glo ’n Gebrek aan geloof in God en sy evangelie. Vanweë hulle ongeloof het Hy nie baie kragtige dade gedoen nie, Matt. 13:58. As gevolg van hulle ongeloof kon Jesus se dissipels nie ’n duiwel uitdryf nie, Matt. 17:14–21. Kom my ongeloof te hulp, Mark. 9:23–24. Jesus het sy Apostels verwyt vir hulle ongeloof en hardheid van hart, Mark. 16:14. Sal hulle ontrou die getrouheid van God vernietig, Rom. 3:3. Dit is beter dat een man moet omkom as dat ’n nasie kwyn en vergaan in ongeloof, 1 Ne. 4:13. Wanneer die tyd kom dat hulle in ongeloof kwyn, sal Hy hulle laat verstrooi en vernietig, 2 Ne. 1:10–11 (L&V 3:18). Vanweë hulle ongeloof kon hulle nie die woord van God verstaan nie, Mosia 26:1–5. Ek kon nie sulke groot wonderwerke aan die Jode getoon het nie, vanweë hulle ongeloof, 3 Ne. 19:35. Julle verstand is in die verlede, verdonker vanweë ongeloof, L&V 84:54–58.