Heilig Sien ook Heiligheid; Heiligmaking; Suiwer, Suiwerheid Gewyd, wat ’n goddelike karakter het of geestelik en sedelik rein is. Die teenoorgestelde van heilig is platvloers of onheilig. Julle sal vir my ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees, Ex. 19:5–6 (1 Petr. 2:9). Die Here het Israel beveel: Wees Heilig, want Ek is heilig, Lev. 11:44–45. Hy wat rein van hande en suiwer van hart is mag klim op die berg van die Here, Ps. 24:3–4. Hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, Eség. 44:23. Hy het ons geroep met ’n heilige roeping, 2 Tim. 1:8–9. En dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken, 2 Tim. 3:15. Deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek, 2 Petr. 1:21. Alle mense word deur Hom geoordeel volgens die waarheid en heiligheid wat in Hom is, 2 Ne. 2:10. Die natuurlike mens word ’n Heilige deur die versoening van Christus, Mosia 3:19. Wandel volgens die heilige orde van God, Alma 7:22 (Alma 13:11–12). Drie dissipels is geheilig in die vlees en heilig gemaak, 3 Ne. 28:1–9, 36–39. Moenie met heilige dinge spot nie, L&V 6:12. Jy kan nie dit skrywe wat heilig is, tensy dit aan jou gegee word van My, L&V 9:9. Julle moet julself verbind om in heiligheid te handel, L&V 43:9. My dissipels sal in heilige plekke staan, L&V 45:32. Dit wat van bo af kom, is heilig, L&V 63:64. Klein kindertjies is heilig, L&V 74:7. Wy daardie plek en dit sal heilig gemaak word, L&V 124:44. Die Here sal sy uitverkorenes versamel na ’n heilige stad, Moses 7:62.