Vra Sien ook Gebed Om te bid, te vra, of God te smeek om ’n besondere guns. Bid, en vir julle sal gegee word, Matt. 7:7. As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, Jak. 1:5 (JS—G 1:7–20). Vra My in geloof, 1 Ne. 15:11. As julle hulle nie kan verstaan nie, sal dit wees omdat julle nie vra nie, 2 Ne. 32:4. Vra in opregtheid van hart, Mosia 4:10. God gee aan julle wat julle ook al vra wat reg is, in geloof, Mosia 4:21. Vra God of hierdie dinge nie waar is nie, Moro. 10:4. Hulle het die duisternis lief eerder as die lig; daarom, hulle sal My nie vra nie, L&V 10:21. Julle word beveel in alle dinge om God te vra, L&V 46:7.