Studiehulp
Titus, Sendbrief aan


Titus, Sendbrief aan

Terwyl Paulus tydelik vry was van Romeinse gevangeneskap, het hy die sendbrief aan Titus geskryf wat in Kreta was. Die brief spreek hoofsaaklik vrae aan met betrekking tot die interne dissipline en organisasie van die Kerk.

Hoofstuk 1 bevat Paulus se begroeting asook opdragte en algemene vereistes vir biskoppe. Hoofstuk 2–3 bevat algemene leringe en persoonlike boodskappe aan Titus oor die behandeling van verskeie groepe in die Kerk van Kreta. Paulus het die Heiliges aangemoedig om dwalinge te bowe te kom, om ernstig en getrou te wees en om goeie werke te handhaaf.

Druk