In die Nuwe Testament, ’n maagd gekies deur God die Vader om die moeder van sy Seun in die vlees te wees. Na Jesus se geboorte het Maria ander kinders gehad (Mark. 6:3 ).
Sy was verloof aan Josef, Matt. 1:18 (Lk. 1:27 ).
Josef is aangesê om nie van Maria te skei of om haar te onthef van die verlowing nie, Matt. 1:18–25 .
Die wyse manne het vir Maria besoek, Matt. 2:11 .
Maria en Josef het met die kind Jesus na Egipte gevlug, Matt. 2:13–14 .
Na Herodes se dood het die gesin na Násaret teruggekeer, Matt. 2:19–23 .
Die engel Gabriël het haar besoek, Lk. 1:26–38 .
Sy het vir Elisabet, haar niggie, besoek, Lk. 1:36, 40–45 .
Maria het ’n lofpsalm aan die Here opgedra, Lk. 1:46–55 .
Maria het saam met Josef na Betlehem gegaan, Lk. 2:4–5 .
Maria het geboorte geskenk aan Jesus en het Hom in ’n krip gelê, Lk. 2:7 .
Die skaapwagters het na Betlehem gegaan om die Christuskind te besoek, Lk. 2:16–20 .
Maria en Josef het Jesus na die tempel in Jerusalem geneem, Lk. 2:21–38 .
Maria en Josef het Jesus na die Paasfees geneem, Lk. 2:41–52 .
Maria was by die troue in Kana, Joh. 2:2–5 .
Terwyl die Saligmaker aan die kruis was, het hy Johannes gevra om sy moeder te versorg, Joh. 19:25–27 .
Maria was saam met die Apostels nadat Christus na die hemel opgevaar het, Hand. 1:14 .
Maria was ’n maagd, uitermate mooi en skoon bo alle ander maagde, 1 Ne. 11:13–20 .
Christus se moeder sou Maria genoem word, Mosia 3:8 .
Maria sou ’n maagd wees, ’n kosbare en uitverkore vat, Alma 7:10 .