Here Sien ook God, Godheid; Jesus Christus ’n Titel van diepe respek en eer vir God die Vader en die Saligmaker Jesus Christus. Die titel verwys na hulle status as allerhoogste, liefdevolle meesters oor hulle skeppinge. Niks is vir die Here te wonderbaar nie, Gén. 18:14. Die Here het met Moses gespreek van aangesig tot aangesig, Ex. 33:11. Jy moet die Here jou God liefhê, Deut. 6:5 (Matt. 22:37; Mark. 12:30). Ek en my huis, ons sal die Here dien, Jos. 24:15. Die Here is my herder, Ps. 23:1. Die Here is sterk en geweldig in die stryd, Ps. 24:8. Die Here Jehova is my krag, Jes. 12:2 (2 Ne. 22:2). Ek die Here is jou Heiland en jou Losser, Jes. 60:16. Die Here jou God moet jy aanbid, Matt. 4:10 (Lk. 4:8). Watter groot dinge het die Here gedoen, Mark. 5:19. Daar is een Here Jesus Christus, 1 Kor. 8:6. Daar is een Here, een geloof, een doop, Efés. 4:5. Die Here self sal van die hemel neerdaal, 1 Thes. 4:16. Ek sal heengaan en die dinge doen wat die Here gebied het, 1 Ne. 3:7. Die Here sal die armes met regverdigheid oordeel, 2 Ne. 30:9. Die Here God, die God van Abraham, het die Israeliete uit knegskap verlos, Alma 29:11. Niks kan die volk red nie behalwe bekering en geloof in die Here, Hel. 13:6 (Mosia 3:12). Slaan ag op die woorde van Jesus Christus, jou Here, L&V 15:1. Soek altyd die aangesig van die Here, L&V 101:38. Die Here se gewaad sal rooi wees by die Tweede Koms, L&V 133:48 (Jes. 63:1–4). Abraham het met die Here gespreek van aangesig tot aangesig, Abr. 3:11. Ons glo dat die eerste beginsel van die evangelie geloof in die Here Jesus Christus is, Gel. Art. 1:4.