Afval Sien ook Herstelling van die Evangelie; Rebellie ’n Wegdraai van die waarheid deur individue, die Kerk, of ganse nasies. Algemene afval Israel moes daarteen waak dat hulle harte afgewend word van die Here, Deut. 29:18. As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos, Spr. 29:18. Hulle het die ewige verbond verbreek, Jes. 24:5. Die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, Matt. 7:27. Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word na ’n ander evangelie toe, Gal. 1:6. Hulle het in die goeie pad begin, maar het verdwaal in die miswolk, 1 Ne. 8:23 (1 Ne. 12:17). Nadat hulle van die vrugte geproe het, het hulle afgedwaal in verbode paaie, 1 Ne. 8:28. Nefitiese afvalligheid het ’n struikelblok veroorsaak vir ongelowiges, Alma 4:6–12. Baie lede van die Kerk het hoogmoedig geword en het ander lede vervolg, Hel. 3:33–34 (Hel. 4:11–13; 5:2–3). Wanneer die Here sy volk voorspoedig maak, verhard hulle somtyds hul harte en vergeet Hom, Hel. 12:2; 13:38. Die Nefiete het hulle harte verhard en het onder Satan se mag verval, 3 Ne. 2:1–3. Moroni het geprofeteer oor ’n afval in die laaste dae, Morm. 8:28, 31–41. Afvalligheid sal die Tweede Koms voorafgaan, L&V 1:13–16. Afvalligheid van die vroeë Christelike kerk Hierdie volk kom nader na My met hulle mond, Jes. 29:10, 13. Duisternis sal die aarde oordek, Jes. 60:2. Die Here sal ’n honger stuur om die woorde van die Here te hoor, Amos 8:11. Daar sal valse christusse en valse profete opstaan, Matt. 24:24. Wrede wolwe sal inkom onder julle, Hand. 20:29. Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom, Gal. 1:6. Daar sal ’n afval wees voor die Tweede Koms, 2 Thes. 2:3. Sommige mense dwaal aangaande die waarheid, 2 Tim. 2:18. Sommige mense het ’n gedaante van godsaligheid, maar verloën die krag daarvan, 2 Tim. 3:2–5. Die tyd sal kom wanneer hulle nie die gesonde leer sal verdra nie, 2 Tim. 4:3–4. Daar sal valse profete en valse leraars onder die volk wees, 2 Petr. 2:1. Sekere mense het ingesluip wat die enigste Here God verloën, Judas 1:4. Sommige mense het gesê dat hulle apostels was, en was nie, Openb. 2:2. Nefi het die oprigting van ’n groot en gruwelike kerk gesien, 1 Ne. 13:26. Die nie-Jode het gestruikel en baie kerke gestig, 2 Ne. 26:20. Hulle het afgedwaal van my ordinansies en het my ewigdurende verbond verbreek, L&V 1:15. Duisternis bedek die aarde en stikdonkerte die verstand van die mense, L&V 112:23. Joseph is vertel dat die kerke almal verkeerd was; hulle harte was ver van God, JS—G 1:19.