Die woord mens verwys na die ganse mensdom, beide manlik en vroulik. Alle mans en vroue is die letterlike geesteskinders van ’n Hemelse Vader. Wanneer hulle in sterflikheid gebore word, ontvang hulle fisiese, sterflike liggame. Hierdie liggame is na God se ewebeeld geskape (Gén. 1:26–27 ). Mans en vroue wat ywerig is om die nodige ordinansies te ontvang, hulle verbonde te onderhou en om God se gebooie te gehoorsaam, sal hulle verheffing binnegaan en soos God word.
Mense is sodat hulle vreugde mag hê, 2 Ne. 2:25 .
Die natuurlike mens is ’n vyand van God, Mosia 3:19 .
Watter soort mans behoort julle te wees, 3 Ne. 27:27 .
Die werke van die mens word verydel, nie die werke van God nie, L&V 3:3 .
Jy moet nie die mens meer as vir God vrees nie, L&V 3:7 (L&V 30:11 ; 122:9 ).
Alle dinge word gemaak vir die voordeel en gebruik van die mens, L&V 59:18 .
Ek weet dat die mens niks is nie, Moses 1:10 .
God se werk en heerlikheid is om die onsterflikheid en die ewige lewe van die mens teweeg te bring, Moses 1:39 .
Die mens, ’n geesteskind van Hemelse Vader
Hulle het op hul aangesig geval en gesê: O God, God van die geeste van alle vlees, Núm. 16:22 (Núm. 27:16 ).
Julle is kinders van die Here julle God, Deut. 14:1 .
Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste, Ps. 82:6 .
Julle is kinders van die lewende God, Hos. 1:10 .
Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie, Mal. 2:10 .
Ons is die geslag van God, Hand. 17:29 .
Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is, Rom. 8:16 .
Wees onderworpe aan die Vader van geeste, Hebr. 12:9 .
Die inwoners van die wêrelde is gebore seuns en dogters van God, L&V 76:24 .
Die mens was in die begin by God, L&V 93:23, 29 .
God het alle mense geestelik geskape voordat hulle op die aangesig van die aarde was, Moses 3:5–7 .
Ek is God, Ek het die wêreld gemaak en mense, voordat hulle in die vlees was, Moses 6:51 .
Die mens, potensiaal om soos Hemelse Vader te word
Wees julle dan volmaak soos julle Vader is, Matt. 5:48 (3 Ne. 12:48 ).
Is daar nie in julle wet geskrywe dat julle Gode is nie, Joh. 10:34 (L&V 76:58 ).
Ons mag erfgename van God en mede-erfgename van Christus word, Rom. 8:17 .
Daarom is jy ’n kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus, Gal. 4:7 .
As Hy verskyn, sal ons gelyk wees aan Hom, 1 Joh. 3:2 .
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, Openb. 3:21 .
Diegene wat die selestiale koninkryk beërwe, is gode, naamlik die seuns van God, L&V 76:50, 58 .
Dan sal hulle gode wees, omdat hulle alle mag het, L&V 132:20 .