Die gesag en krag wat God aan die mens gee om in alle dinge op te tree vir die heil van die mens (L&V 50:26–27 ). Manlike lede van die Kerk wat die priesterskap dra, word in kworums georganiseer en ontvang gesag om ordinansies en sekere administratiewe funksies in die Kerk te verrig.
Ek het julle aangestel, Joh. 15:16 .
Laat julle ook opbou tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, 1 Petr. 2:5 .
Julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterskap, 1 Petr. 2:9 (Ex. 19:6 ).
Mans word geroep as hoëpriesters vanweë hulle uitnemende geloof en goeie werke, Alma 13:1–12 .
Ek gee aan julle mag om te doop, 3 Ne. 11:21 .
Julle sal mag hê om die Heilige Gees te skenk, Moro. 2:2 .
Ek sal aan jou die priesterskap bekend maak deur die hand van Elía, L&V 2:1 (JS—G 1:38 ).
Die Here het ook ‘n priesterskap bevestig op Aäron en sy nageslag, L&V 84:18 .
Hierdie groter priesterskap bedien die evangelie, L&V 84:19 .
Hy het Moses uit hulle midde weggeneem, en die Heilige Priesterskap, L&V 84:25 .
Die eed en verbond van die priesterskap word beskryf, L&V 84:33–42 .
Die priesterskap het voortgeduur deur die stamlyn van jul vaders, L&V 86:8 .
Daar is, in die Kerk, twee priesterskappe, L&V 107:1 .
Die eerste priesterskap is die Heilige Priesterskap, volgens die Orde van die Seun van God, L&V 107:2–4 .
Die regte van die priesterskap is onlosmaaklik verbind met die magte van die hemel, L&V 121:36 .
Geen mag of invloed kan of behoort gehandhaaf te word deur die gesag van die priesterskap nie slegs deur oorreding en ongeveinsde liefde, L&V 121:41 .
Elke getroue, waardige manlike lid van die Kerk mag die priesterskap ontvang, AV 2 .