Geesteskepping Sien ook Mens die, Mense; Skep, Skepping Die Here het alle dinge geestelik geskape voordat Hy hulle fisies geskape het (Moses 3:5). Die Here het elke plant gemaak voordat dit in die aarde was, Gén. 2:4–6 (Abr. 5:5). Deur die krag van my Gees het Ek alle dinge geskape—eerstens geestelik, tweedens stoflik, L&V 29:31–32. Dit wat stoflik is, is in die ewebeeld van dit wat geestelik is, L&V 77:2. Ek het die wêreld en mense gemaak voordat hulle in die vlees was, Moses 6:51.