Moord Sien ook Doodstraf; Kain Die doelbewuste en ongeregverdige neem van menslike lewe. Moord is ’n sonde wat van die vroegste tye veroordeel word (Gén. 4:1–12; Moses 5:18–41). Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word, Gén. 9:6 (JSV, Gén. 9:12–13; Ex. 21:12; Alma 34:12). Jy mag nie doodslaan nie, Ex. 20:13 (Deut. 5:17; Matt. 5:21–22; Mosia 13:21; L&V 59:6). Jesus sê: Jy mag nie doodslaan nie, Matt. 19:18. Moordenaars se deel is in die tweede dood, Openb. 21:8. Julle is moordenaars in julle harte, 1 Ne. 17:44. Wee die moordenaar wat met opset doodmaak, 2 Ne. 9:35. God het beveel dat die mens nie moet moor nie, 2 Ne. 26:32. Moord is ’n gruwel vir die Here, Alma 39:5–6. Hy wat doodmaak sal nie vergifnis hê nie, L&V 42:18. Enige persoon wat doodmaak sal uitgelewer word aan die wette van die land, L&V 42:79.