Aan die begin van die Millenniale era sal Christus na die aarde terugkeer. Hierdie gebeurtenis sal die einde beteken van die verganklike proeftyd van hierdie aarde. Die bose sal verwyder word van die aarde en die regverdiges sal opgeneem word in ’n wolk terwyl die aarde gereinig word. Alhoewel geen mens presies weet wanneer Christus vir die tweede keer sal kom nie, het Hy ons tekens gegee om na op te let wat sal aandui dat die tyd naby is (Matt. 24 ; JS—M 1 ).
Die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, Matt. 16:27 (Matt. 25:31 ).
Van dié dag en dié uur weet niemand nie, maar net my Vader alleen, Matt. 24:36 (L&V 49:7 ; JS—M 1:38–48 ).
Hierdie Jesus sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het, Hand. 1:11 .
Die Here self sal van die hemel neerdaal, 1 Thes. 4:16 .
Die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag, 2 Petr. 3:10 .
Die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle, Judas 1:14 .
Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, Openb. 1:7 .
Berei julle, berei julle want die Here is naby, L&V 1:12 .
Ek sal myself met krag uit die hemel openbaar en ’n duisend jaar woon op die aarde, L&V 29:9–12 .
Verhef julle stemme en roep bekering en berei die weg van die Here vir sy Tweede Koms, L&V 34:5–12 .
Ek is Jesus Christus en Ek sal skielik na my tempel kom, L&V 36:8 (L&V 133:2 ).
Die dag sal spoedig kom dat julle My sal sien en weet dat Ek is, L&V 38:8 .
Hy wat My vrees sal uitkyk vir die tekens van die koms van die Seun van die Mens, L&V 45:39 .
Die aangesig van die Here sal ontsluier word, L&V 88:95 .
Die groot en verskriklike dag van die Here is naby, L&V 110:16 .
Wanneer die Saligmaker sal verskyn, sal ons Hom sien soos Hy is, L&V 130:1 .
Die Saligmaker sal in die midde van sy volk staan en sal heers, L&V 133:25 .
Wie is dit wat van God neerdaal uit die hemel met rooi klere, L&V 133:46 (Jes. 63:1 ).