Studiehulp
Mosia, Seun van Benjamin


Mosia, Seun van Benjamin

’n Regverdige Nefitiese koning en profeet in die Boek van Mormon. Mosia het die regverdige voorbeeld van sy vader gevolg (Mosia 6:4–7). Hy het die vier en twintig goue plate vertaal wat die kronieke bevat van die Jerediete (Mosia 28:17).

Die Boek van Mosia

’n Boek in die Boek van Mormon. Hoofstukke 1–6 bevat Koning Benjamin se kragtige preek aan sy volk. Die Gees van die Here het hulle harte aangeraak en die volk het bekeer en het geen begeerte meer gevoel om kwaad te doen nie. Hoofstukke 7–8 vertel van ’n groep Nefiete wat in die land van die Lamaniete gaan woon het. ’n Soekgeselskap is uitgestuur om hulle te vind. Ammon, leier van die soekgeselskap, het hulle gevind en het die verhaal van hulle ontberinge onder die Lamanitiese verdrukking aangehoor. Hoofstukke 9–24 beskryf daardie verdrukking en hoedat hulle leiers—Zenif, Noag en Limhi—onder die Lamaniete geleef het. Die marteldood van ’n profeet, genaamd Abinadi, is ook opgeteken. Alma het bekeer tydens Abinadi se verhoor. Hoofstukke 25–28 vertel die verhale van hoe Alma se seun en vier seuns van Koning Mosia bekeer het. In hoofstuk 29 het Koning Mosia aanbeveel dat ’n stelsel van regters die konings moet vervang. Alma, die seun van Alma, is as die eerste hoofregter verkies.

Druk