Jérigo ’n Ommuurde stad in die Jordaanvallei 245 meter onder seevlak. Jérigo is naby die plek waar die Israeliete die rivier oorgesteek het toe hulle die eerste keer die beloofde land binnegegaan het (Jos. 2:1–3; 3:16; 6). Die Israeliete het ’n stryd gestry by Jérigo, Jos. 6:1–20. Josua het ’n vloek geplaas op Jérigo, Jos. 6:26 (1 Kon. 16:34). Jérigo was binne die gebied wat aan Benjamin toegewys is, Jos. 18:11–12, 21. Die Here het Jérigo besoek op sy laaste reis na Jerusalem, Mark. 10:46 (Lk. 18:35; 19:1).