Gam Sien ook Noag, Bybelse Patriarg In die Ou Testament, die derde seun van Noag (Gén. 5:32; 6:10; Moses 8:12, 27). Noag en sy seuns en hulle gesinne het die ark binnegegaan, Gén. 7:13. Kanaän, Gam se seun, is vervloek, Gén. 9:18–25. Gam se regering was patriargaal en was geseënd met betrekking tot die dinge van die aarde en wysheid, maar nie met betrekking tot die priesterskap nie, Abr. 1:21–27. Gam se vrou, Egyptus, was ’n afstammeling van Kain; die seuns van hul dogter, Egyptus, het hul in Egipte gevestig, Abr. 1:23, 25 (Ps. 105:23; 106:21–22).