Laaste Dae Sien ook Tekens van die Tye; Tweede Koms van Jesus Christus Die tyd waarin ons nou leef. Die dae (of tydvak) net voor die Tweede Koms van die Here. Ek sal aan julle verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar, Gén. 49:1. My Verlosser sal as laaste oor die stof opstaan, Job 19:25. Aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan, Jes. 2:2. In die laaste dae sal daar swaar tye kom, 2 Tim. 3:1–7. Aan die einde van die dae sal daar spotters kom wat die Wederkoms sal ontken, 2 Petr. 3:3–7. Ek profeteer aan julle aangaande die laaste dae, 2 Ne. 26:14–30. So sal my Kerk genoem word in die laaste dae, naamlik die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, L&V 115:4. Christus sal kom in die laaste dae, Moses 7:60.