Onderskraging van Kerkleiers Sien ook Algemene Instemming Om ondersteuning toe te sê aan diegene wat dien in algemene en plaaslike Kerkleierskapposisies. Stel vir Josua voor die hele vergadering en gee hom ’n opdrag voor hulle oë, Núm. 27:18–19. Die hele volk het gejuig en sê: Mag die koning lewe, 1 Sam. 10:24. Glo aan my profete, dan sal julle voorspoedig wees, 2 Kron. 20:20. Wees gehoorsaam aan julle voorgangers, Hebr. 13:17. Jy sal deur die Here begunstig word, omdat jy nie gemurmureer het nie, 1 Ne. 3:6. Hulle wat die profete ontvang het, is gered, 3 Ne. 10:12–13. Slaan ag op die woorde van hierdie twaalf, 3 Ne. 12:1. Deur my eie stem of deur die stem van my diensknegte, dit is dieselfde, L&V 1:38. Sy woord moet julle aanneem, asof uit my eie mond, L&V 21:5. Hy wat my diensknegte ontvang, ontvang My, L&V 84:35–38. Wie ook al My aanneem, neem diegene aan wat Ek gestuur het, L&V 112:20. As my volk nie ag slaan op die stem van hierdie manne wat Ek aangestel het nie, sal hulle nie geseënd wees nie, L&V 124:45–46.