Om kennis oor te dra aan andere, veral aangaande evangeliese waarhede en om hulle te lei na regverdigheid. Diegene wat die evangelie onderrig, moet deur die Gees gelei word. Alle ouers is onderwysers in hulle eie huise. Heiliges moet daarna streef en gewillig wees om onderrig te ontvang van die Here en sy leiers.
Ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, Joh. 3:2 .
Jy dan, wat ’n ander leer, leer jy jouself nie, Rom. 2:21 .
Ek is in ’n mate onderrig in al die geleerdheid van my vader, 1 Ne. 1:1 (Enos 1:1 ).
Priesters en leraars moet ywerig onderrig, of anders die sondes van die volk op hulle eie hoofde neem, Jakob 1:18–19 .
Slaan ag op My, en maak oop julle ore, Mosia 2:9 .
Julle sal jul kinders leer om mekaar lief te hê en te dien, Mosia 4:15 .
Vertrou geeneen om julle leraar te wees, tensy hy ’n man van God is nie, Mosia 23:14 .
Die Here het sy Gees uitgestort op die hele aangesig van die land om hulle harte voor te berei om die woord te ontvang, Alma 16:16 .
Hulle het geleer met krag en gesag van God, Alma 17:2–3 .
Hulle is deur hulle moeders geleer, Alma 56:47 (Alma 57:21 ).
Vir sover hulle na wysheid gesoek het, mag hulle onderrig word, L&V 1:26 .
Leer mekaar ooreenkomstig die amp waarmee Ek julle aangestel het, L&V 38:23 .
Onderrig die beginsels van my evangelie, wat in die Bybel en die Boek van Mormon is, L&V 42:12 .
Julle sal van omhoog geleer word, L&V 43:15–16 .
Ouers moet hulle kinders leer, L&V 68:25–28 .
Leer mekaar die leerstellings van die koninkryk, L&V 88:77–78, 118 .
Stel onder julleself ’n onderwyser aan, L&V 88:122 .
Julle het nie aan julle kinders lig en waarheid geleer nie, en dit is die oorsaak van julle verdrukking, L&V 93:39–42 .
Want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees wat in julle spreek, Matt. 10:19–20 .
Was ons hart nie brandende in ons toe Hy vir ons die skrifte uitgelê het nie, Lk. 24:32 .
Die evangelie word verkondig deur die krag van die Gees, 1 Kor. 2:1–14 .
Jy sal my Gees hê ter oortuiging van mense, L&V 11:21 .
Jy sal deur die Kerk in alle dinge gehoor word wat jy sal leer deur die Trooster, L&V 28:1 (L&V 52:9 ).
As julle nie die Gees ontvang nie, sal julle nie onderrig nie, L&V 42:14 (L&V 42:6 ).
Leer die kinders van mense die dinge deur die krag van die Gees, L&V 43:15 .
Ouderlinge moet die evangelie verkondig deur die Gees, L&V 50:13–22 .
Dit sal aan julle gegee word in daardie uur wat julle moet spreek, L&V 84:85 (L&V 100:5–8 ).