Násaret
’n Dorpie tussen die heuwels wes van die See van Galiléa. Násaret was die vroeë tuiste van Jesus (Matt. 2:23). Jesus het in die sinagoge by Násaret onderrig gegee en het verklaar dat Hy die openbaring in Jesaja 61:1–2 vervul het (Matt. 13:54–58; Mark. 6:1–6; Lk. 4:16–30).