Begrip Sien ook Kennis; Waarheid; Wysheid Om kennis te verkry of om die betekenis waar te neem van ’n waarheid, insluitende die toepassing daarvan op die lewe. Steun nie op jou eie insig nie, Spr. 3:5. Verwerf insig deur al wat jy besit, Spr. 4:7. Jesus het in gelykenisse gespreek en sommiges het nie verstaan nie, Matt. 13:12–17. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan, Lk. 24:45. As julle nie hierdie woorde kan verstaan nie, sal dit wees omdat julle nie vra nie, 2 Ne. 32:4 (3 Ne. 17:3). Die kronieke is behou sodat ons mag lees en verstaan, Mosia 1:2–5. Vanweë hulle ongeloof kon hulle nie die woord van God verstaan nie, Mosia 26:3. Hulle was manne van ’n gesonde begrip, Alma 17:2–3. Die woord begin om my verstand te verlig, Alma 32:28. Laat ons saam redeneer, dat julle kan verstaan, L&V 50:10–12, 19–23. Ouers moet hulle kinders leer om te verstaan, L&V 68:25. Die werke en die verborgenhede van God kan net begryp word deur die Heilige Gees, L&V 76:114–116. Satan soek om die mens se hart af te wend van begrip, L&V 78:10. Die lig van Christus verhelder ons begrip, L&V 88:11.