Handelingsmag Sien ook Toerekenbaar, Toerekenbaarheid; Vry, Vryheid Die vermoë en voorreg wat God gee aan mense om te kies en vir hulleself te handel. Van elke boom mag julle vryelik eet, Gén. 2:16. Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien, Jos. 24:15 (Alma 30:8; Moses 6:33). Die mens kan nie vir homself handel tensy hy verlok sou wees nie, 2 Ne. 2:15–16. Die mens is vry om vryheid en die ewige lewe te kies, of slawerny en die dood, 2 Ne. 2:27. Julle is vry; julle word toegelaat om vir julleself te handel, Hel. 14:30. ’n Derde deel van die leërskare van die hemel het Hy weggekeer vanweë hulle handelingsmag, L&V 29:36. Dit moet noodwendig so wees dat die duiwel mense moet verlok, anders kan hulle nie ’n vrye wil hê nie, L&V 29:39. Laat elke mens vir homself kies, L&V 37:4. Elke mens mag handel volgens die morele handelingsmag wat Ek aan hom gegee het, L&V 101:78. Satan het gepoog om die handelingsmag van die mens te vernietig, Moses 4:3. Die Here het aan die mens sy handelingsmag gegee, Moses 7:32.