Natan
’n Ou Testamentiese profeet in Koning Dawid se tyd. Toe Dawid aangebied het om ’n tempel vir die Here te bou, het die Here vir Natan beveel om vir Dawid te sê dat hy dit nie moes bou nie. Natan het ook vir Dawid tereggewys omdat hy Uría, een van sy krygsmanne, se dood veroorsaak het en omdat hy Uría se vrou Bátseba geneem het (2 Sam. 12:1–15; L&V 132:38–39). Sadok, saam met Natan, het Dawid se seun Salomo, as koning gesalf (1 Kon. 1:38–39, 45).