Oes Die skrifture gebruik somtyds die woord oes figuurlik om te verwys na die inbring van mense in die Kerk, wat die koninkryk van God op die aarde is, of na ’n tyd van oordeel, soos die Tweede Koms van Jesus Christus. Die oes is verby, die somer is ten einde, en ons is nie verlos nie, Jer. 8:20 (L&V 56:16). Die oes is wel groot, maar die arbeiders min, Matt. 9:37. Die oes is die voleinding van die wêreld, Matt. 13:39. Net wat die mens saai, dit sal hy ook maai, Gal. 6:7–9 (L&V 6:33). Die land is al wit vir die oes, L&V 4:4. Die oestyd het geëindig en julle siele is nie gered nie, L&V 45:2. Die oestyd het aangebreek, en my woord moet vervul word, L&V 101:64.